Doesn't suit? No problem! You can return items for up to 30 days
You won't go wrong with a gift voucher. The gift recipient can choose anything from our offer.
Up to 30 days for returns
Die Luiperd struikel, is my boek reeds geskryf in 2008 maar nou eers gepubliseer.
Bophuthatswana tussen 5 en 13 Maart 1994 sou nooit weer dieselfde wees nie.
Veraad teenoor President Lucas Mangope deur sy ministers van verdediging en Bevelvoerders van die weermag en Polisie van Bophuthatswana georkestreer deur die Suid Afrikaanse Intiligensie dienste gelei deur Generaal Constant Viljoen, Kol"s Jan Breytenbach Jack Turner, Antonie Botse en ander deur n plan reeds in aksie geroep in 1993 VOOR die stigting van die Volksfront.
Die plan was om al die sogenaamde Bantustans soos Bophuthatswana, Transkei,Ciskei en Venda te kry om te herintegreer in Suid Afrika, om dit sodoende makliker vir die ANC te maak om die verkieing te kan wen. Die Inkatha Vryheids Party sou maklik die verkiesing kon wen sou daardie integrasie NIE plaasvind nie.
Die betrokkenheid van die Volksfront se oproep tot hulp verleening aan Lucas Mangope vanaf President Mangope aan die Volksfront leier Constant Viljoen is as te ware ingestem daartoe, maar ge handrem deur Generaal Constant Viljoen om die plan in werking te hou. President Lucas Mangope het dit agtergekom en daarinteen n oproep om hulp aan Eugene terre Blanche van die AWB gerig.
DIE AWB het gehoor gegee, min wetende dat hulle en President Lucas Mangope reg in die hande van n groter plan inspeel. Die media se betrokkenheid deur bekende joernaliste te gebruik van die sogenaamde "Bang bang club" om die werklikheid te verdraai om die naratief te pas wat die regering wil he, is so duidelik soos daglig en niemand anders as die Boerehaters Greg Marinovich and Peter de Ionno.
Alhoewel gedeeltes van die boek fiktief van aard is omdat ek nie self daar betrokke was nie, soos bevoorbeeld die beplanning van die omverwerping ens het ek werk daarvan gemaak om soveel inligting moontlik te in, om so na as moontlik die werklike gebeure te weerspieel wat gelei het tot die val val Bophuthatswana. Dat diegene genoem wel betrokke was by die insident is n gegewe en die inligting daaromtrent sal wel later tot bekentenis kom wanneer die tyd dit so verwag.
Die gedeeltes waarin ons opgeroep is, onttrek het, geveg het, en oorwin het .....ja oorwin het want ons was getoets daar was ek self betrokke, daarvan kan ek self getuig. Ek hoor steeds die geluide, proe steeds die kruit, ruik steeds die gebrande vlees en onthou steeds die drie wat die hoogste prys betaal het vir veraad !
Die boek " Die Luiperd struikel" vertel die verhaal wat in Bophuthatswana gebeur het, die veraad, die toets, die moord, en die nagevolge daarvan.
Boere Republiekein
Hi! I'm Libroamiko, your book advisor.
How can I help you?