18 294 940 livres à l’intérieur 175 langues
2 881 703 livres numériques à l’intérieur 110 langues
Cela ne vous convient pas ? Aucun souci à se faire ! Vous pouvez retourner les articles jusqu'à 30 jours
Impossible de faire fausse route avec un bon d’achat. Le destinataire du cadeau peut choisir ce qu'il veut parmi notre sélection.
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om 'n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine - miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink 'n swartgallige Willem. Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder 'n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, 'n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, 'n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is di Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. 'n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.
Bonjour ! Je suis Libroamiko, votre conseiller littéraire.
Comment puis-je vous aider ?