18 657 094 livres à l’intérieur 174 langues
2 977 342 livres numériques à l’intérieur 111 langues
Cela ne vous convient pas ? Aucun souci à se faire ! Vous pouvez retourner les articles jusqu'à 30 jours
Impossible de faire fausse route avec un bon d’achat. Le destinataire du cadeau peut choisir ce qu'il veut parmi notre sélection.
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van 'n era aangebreek - 'n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geinspireerde moorde. In hierdie boek probeer die skrywers 'n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is die van 'n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook 'n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter 'n profiel van 'n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.
Bonjour ! Je suis Libroamiko, votre conseiller littéraire.
Comment puis-je vous aider ?